Back Menu
Laerskool Rynfield - Ons Blou

Laerskool Rynfield - Ons Blou

Private Property South Africa
Claire Fraser

Laerskool Rynfield is ‘n Afrikaanse laerskool met pragtige prestasies op sport-, kultuur- en akademiese gebied.

Laerskool Rynfield is trots Afrikaans met ‘n baie besige jaarprogram waar leerders gehelp word om tot hulle volle potensiaal vanaf die Grondslagfase te ontwikkel. Die kalender is gevul met ‘n wye reeks aktiwiteite en feesgeleenthede om die kinders te stimuleer en te vermaak en hulle entoesiasties oor hulle kennis en buitemuurse aktiwiteite te maak. Die skoolterrein beskik oor al die nodige fasiliteite om lesse so interessant en leersaam as moontlik vir al die leerders te maak. Dit sluit ‘n moderne rekenaarsentrum in waar leerders van ‘n vroeë ouderdom reeds van die nodige rekenaarvaardighede voorsien word. Leerders kry ook die geleentheid om deel te hê aan die skool se webblad.

‘n Bietjie gesonde kompetisie is altyd ‘n goeie ding! Daarom word elke kwartaal die TOP 10- presteerders in elke graad waar eksamen geskryf word (gr. 4-7) tydens ‘n saalopening aan die leerders uitgewys en elkeen ontvang met trots ‘n TOP 10-wapentjie wat hy/sy vir ‘n kwartaal mag dra. Die leerders van Laerskool Rynfield ondervind daagliks ‘n skooldag vol van ryke geleenthede om net hulle beste in ‘n warm, vriendelike atmosfeer te lewer en word soos ‘n familie hanteer. Die gemotiveerde onderwysers lewer interessante lesse en hierdeur word by leerders ‘n liefde vir studie ontwikkel wat weer tot ‘n suksesvolle toekoms vir elkeen kan lei.

Die opvoeding by Laerskool Rynfield is gebaseer op Christelike beginsels. Leerders kan deel hê aan die skool se CSV waar hulle die geleentheid kry om God te loof en te eer. Leerders kan ook ‘n lid van die Rynie Voortrekkers word waar hulle aan baie aktiwiteite soos uitstappies, toere ens. kan deelneem om sodoede hulle kennis op vele terreine te verbreed. Die skool beskik oor ‘n baie aktiewe Kunsklub waar leerders die kans kry om uiting aan hulle kreatiwiteit te gee. Die skool het ook twee kore (Junior en Senior) waar leerders se sangstemme pragtig kan ontwikkel. Leerders kan ook aan Redenaarsaande by die skool deelneem. Hulle word in junior- en seniorgroepe verdeel en deelnemers het al puik prestasies hier behaal. Elke tweede jaar word daar ‘n operette by Laerskool Rynfield opgevoer waar leerders se toneel-, sang- en danstalent tentoongestel word tot groot genot van die hele gemeenskap wat daarna kom kyk.

‘n Hele paar sportsoorte word by die skool aangebied. Laerskool Rynfield word gereken as die topskool in die distrik op sportgebied! Die leerders beskik oor puik sporttalent en deur toegewyde afrigting word die hoogste prestasies bereik met al die spanne. Rugby, netbal, krieket, tennis, ringbal, atletiek, landloop, muurbal, perdry, hokkie, skaak en trompoppies word aangebied. Leerders kry waarlik die kans om al hulle talente ten volle op sportgebied uit te leef!

Die skool beskik ook oor ‘n naskoolsentrum wat op ‘n nie-winsgewende basis bedryf word. Hier word leerders onder streng toesig gehou en word daar toegesien dat huiswerk gedoen word en leerders lekker kan speel en sodoende sosiale vaardighede ontwikkel in ‘n veilige omgewing.

Virtual Tour:

Found this content useful?

Get the best of Private Property's latest news and advice delivered straight to your inbox each week

Related Articles

The importance of your net worth
Everybody wants a bargain, which is why shopping online has become so popular given you don’t need to leave the comfort of your home to do a comparison hunt.
What you need to know about making an Offer to Purchase
An Offer to Purchase is a legally binding document. It is, therefore, important to understand what is contained therein and the implications of signing one.
Property sector bets on Proptech to weather economic headwinds
The blend of property and technology, Proptech, is becoming increasingly more integral to the residential real estate’s operations and strategy.
Kerb appeal of low-income houses is important
With the real estate market shifting downwards currently, property prices become more competitive.