New
R 39 800 000
calculate bond costs

500 ha Farm in Worcester Central

500 ha

Besonderse Uitbreidingsgeleentheid in die Landbousektor

n Groot en gevestigde landbou-eiendom met ongeveer 116 ha bewerkbare grond wat as een aaneenlopende blok aangrensend die Breederivier, onder die Brandvleidam, strek. Die plaas bied n sterk kombinasie van waterregte, opgaarwater, gevestigde infrastruktuur en verdere uitbreidingspotensiaal. Geen vloedskade tydens die 2026-vloed aangemeld nie.

Die huidige aanplantings bestaan uit ongeveer 53 ha wingerde, 7 ha olywe, 12 ha perskes en 6 ha appelkose. Die kelderkwota is ingesluit, wat n belangrike voordeel vir n produsent of uitbreidende boerdery bied.

Water is een van die groot sterkpunte van hierdie plaas. Die eiendom beskik oor n 220 000 m gronddam, met n rivier-kanaal-boosterpomp as primre bron. Die dam kan ook deur natuurlike opvanggebied aangevul word. Die waterregte sluit 850 000 m in gedeeltelik uit die Breede River en gedeeltelik uit die Kanaal.

Die eiendom behoort veral geskik te wees vir n koper wat kyk na watersekuriteit, besonderse watervolume, bewerkbare hektare, verdere landbou-uitbreiding potensiaal deur bruikbare veldgrond, kontinuteit van blokke en n strategiese ligging in die Breederivier-produksiegebied.

Die prys sluit leweringsregte en kelderkwota in, maar sluit BTW en implemente uit. Kontak my gerus vir meer inligting.

Property details

  • Listing number T5529624
  • Property type Farm
  • Listing date 23 Jun 2026
  • Land size 500 ha
  • Rates and taxes R 5 000

Photo gallery