R 1 780 000
calculate bond costs

3 Bed House in Modimolle

3 2 1 617 m² 242

Baie netjiese en ruim hoekhuis te koop in Bosveldsig Aftreeoord in Modimolle. Gereed vir intrek en bly!

Die huis bied meer spasie en ingeboude kaste as die deursnee aftreehuis in die aftreeoord.

3 Slaapkamers en 2 badkamers

Die hoofslaapkamer het 11 ingeboude kaste met en suite badkamer

Die 2 de badkamer is volledig met bad en stort

Die voorste noordstoep is toegebou met skuifdeur en vensters met blinders en trelidor tussen stoep en sitkamer.

Die groot oopplan sit en eetkamer lei na die TV kamer en kombuis

Die ruim kombuis het baie soliede kaste en rakspasie met die opwas gedeelte meer afgesonder.

Langs die dubbel motorhuis is ''n karavaan afdak met roldeur.

Die huis beskik oor 3 water tenks, een toegerus met drukpomp wat ononderbroke watervoorsiening verseker.

Die hele huis is toegerus met blinders en verskeie vensters het ook muskiet skerms.

Die gereedskamer is ''n baksteen struktuur.

Die voortuin is klein en vereis lae onderhoud.

Hierdie is die ideale aftree plek vir 50 plus persone sonder afhanklikes wat wil afskaal maar steeds spasie benodig vir meubels wat hulle nie wil verloor nie. Dit is ook baie gerieflik vir toesluit-en-ry.

Kom tree af in bosveld omgewing waar dit rustig en veilig is. Waar die lug skoon is en jy steeds naggeluide kan hoor, sonder stadsrumoer en verkeer. Niks is verder as 5 minute van die huis af nie, en die meeste geriewe wat nodig is, is beskikbaar in (Nylstroom) Modimolle.

Kom kyk gerus

Property details

  • Listing number T4631069
  • Property type House
  • Erf size 617 m²
  • Floor size 242 m²
  • Rates and taxes R 1 150

Property features

  • Bedrooms 3
  • Bathrooms 2
  • Lounges 2
  • Dining Areas 1
  • Garages 2
  • Covered Parkings 1
  • Pet Friendly
  • Laundry
  • Patio

Photo gallery

>