R 1 400 000
calculate bond costs

2 Bedroom House in Modimolle

2 2 3 542 m² 215 m²

EKSKLUSIEWE 2-SLAAPKAMERHUIS IN BOSVELDSIG [removed] 50[removed] GEMEENSKAP

Welkom in Bosveldsig, Modimole (Nylstroom) n gesogte 50+ woongebied net 90 minute van Pretoria, waar vrede, veiligheid en ware gemeenskapsgees saamvloei. Bosveldsig is bekend vir sy rustige atmosfeer, veilige strate en vriendelike bure n plek waar jy met gemak kan stap, kuier en aftree sonder bekommernisse. Hierdie eiendom is skaars hier word huise nie maklik verkoop nie, want mense wil hier bly.

Geen maandelikse levies nie, slegs n hekfooi van R70 per maand hier koop jy n leefstyl, nie net n huis nie.

Binne

Wanneer jy deur die voordeur stap, word jy begroet deur stylvolle teels en n oopplan-leefarea wat onmiddellik n gevoel van ruimte en lig skep. Die kombuis is n gasvrou se droom ruim werkoppervlaktes, en n kombuiseiland wat perfek is vir kuier en gesels terwyl jy kook.

Die hoofslaapkamer is deels geteel en deels matte vir ekstra warmte, met volop ingeboude kaste en n en-suite badkamer met stort en bad. Die tweede slaapkamer is ook en-suite ideaal as gastekamer of as n gesellige studeerkamer. Albei badkamers het storte en bad en is netjies afgewerk.

Buite

Die huis bied drie motorhuise een met ekstra hoogte en lengte vir jou karavaan. Die erf is volledig geplavei vir maklike instandhouding, met n pragtige voorstoep wat uitkyk oor n goedversorgde tuin perfek vir oggendkoffie of laatmiddagkuier.

Aan die agterkant wag n ruim, bedekte stoep vir rustige Bosveld-sonsondergange, omring deur groen plante en voelsang. n Groot JoJo-tenk verseker dat jy altyd voorbereid is vir wateronderbrekings.

Hierdie huis bied alles ruimte, gerief, styl en n gemeenskap wat jou met ope arms verwelkom.

Property details

  • Listing number T5191885
  • Property type House
  • Listing date 14 Aug 2025
  • Land size 542 m²
  • Floor size 215 m²
  • Rates and taxes R 1 200

Property features

  • Bedrooms 2
  • Bathrooms 2
  • Lounges 1
  • Dining areas 1
  • Garage parking 3
  • Pet friendly
  • Patio
  • Entrance hall
  • Garden

Photo gallery

Video