R 3 499 650
calculate bond costs

4 Bedroom House in Orania

4 3 2 611 m² 241 m²

4 Bedroom House for Sale

Hierdie uitsonderlik netjiese en stylvolle woning bied n luukse, moderne leefstyl met minimale instandhouding en n slim, doeltreffende uitleg wat elke vierkante meter optimaal benut. Die gevestigde tuin vereis min onderhoud en is toegerus met n volledig geoutomatiseerde sprinkelbesproeiingstelsel wat gerieflik via n toep beheer word. Die buitevertrekke sluit n praktiese buitegebou in wat aan die een kant as gereedskapskamer dien en aan die ander kant n privaat sauna huisves. Aan die agterkant van die huis skep n houtdek by die kombuisdeur, saam met n uitstekend funksionerende houtgestookte pizzaoond, die ideale ruimte vir ontspanne kuier en onthaal, met gemaklike sitplek vir ses persone. Die kombuis is die hart van die huis en spog met n luukse, moderne ontwerp. Dit beskik oor n groot sentrale eiland, n vyfplaat gasstoof met dubbele gasoond, uitgebreide kasruimte, n aparte koffiehoekie en n verligte koskas. Daar is ook voorsiening vir n dubbeldeur yskas, en skottelgoedwasser. Die kombuis vloei naatloos oor na die ruim oopplan TV-kamer en eetkamer, met genoeg plek vir n volledige sitkamerstel en n agt sitplek eetkamerstel. Deurgaans is die huis afgewerk met hogehalte gelamineerde vloere, warm-na-koel LED ligte in al die kamers en leef vertrekke en aluminiumdeure en -vensters, wat n moderne estetika kombineer met ''n luukse leefstyl. Die gastebadkamer bied n ruim inloopstort, wasbak en toilet, met aansluitings vir wasgoedtoerusting. Die hoofslaapkamer is besonder ruim en bied gemaklik plek vir n koningsgrootte bed. ''n Groot aluminium skuifdeur lei na n privaat patio met n rustige plaasaansig. Die en suite badkamer is volledig toegerus met twee aparte wasbakke, groot spiels, ingeboude laaikaste, n losstaande bad, n ruim enkelstort en n toilet. Die mure is netjies getel en die moderne krane voltooi die luukse afwerking. Op die boonste vlak is n veelsydige soldervertrek van ongeveer 42 vierkante meter met n pragtige uitsig en n aparte badkamer met stort, wasbak en toilet. Hierdie ruimte leen hom ideaal tot n addisionele slaapkamer, tuiskantoor, gimnasium of privaat ontspanningsarea. Hierdie woning bied n seldsame kombinasie van moderne luuksheid, slim tegnologie, uitstekende leefruimtes en lae onderhoud, en is perfek geskik vir n koper wat waarde heg aan kwaliteit, gerief en n verfynde leefstyl.

Lenings kan bekom word by OSK bank. Voornemende kopers moet Orania Verblyfreg kry. Orania is ''n aandeleblokskema. Volg die muis na jou nuwe huis! Kontak Huis Muis eiendomme vandag nog en geniet ''n persoonlike besigtiging van hierdie fantastiese eiendom. Ons kan jou ook help met finansiering of enige ander eiendomsverwante navrae. Moenie hierdie uitsonderlike geleentheid misloop nie! Skakel ons nou dadelik. Huis Muis Eiendomme: Bevoegdheid, Ervaring, Uitnemendheid

Property details

  • Listing number T5363236
  • Property type House
  • Listing date 24 Jan 2026
  • Land size 611 m²
  • Floor size 241 m²

Property features

  • Bedrooms 4
  • Bathrooms 3
  • En-suite 2
  • Dining areas 1
  • Garage parking 1
  • Open parking 1
  • Pet friendly
  • Built in cupboards
  • Patio
  • Kitchen
  • Garden
  • Pantry
  • Family TV room
  • Irrigation system

Photo gallery