2 Bedroom House in Orania
2 Slaapkamer Huis
Hierdie keurige 87m² duet-eenheid beskik oor twee ruim slaapkamers en twee badkamers, waarvan die hoofslaapkamer en suite is. Die woning spog met moderne, deeglike afwerkings en n ligte oopplan-uitleg wat die leefarea en kombuis naatloos met mekaar verbind. Die kombuis is prakties en goed toegerus met n dubbelwasbak, asook voorsiening vir n wasmasjien en skottelgoedwasser. Aluminiumraamvensters, kunsmatige gras en volledige afwerking rondom die huis sorg vir n netjiese, lae-onderhoud leefstyl. Die leefvertrekke is ruim en goed beplan, wat die woning ideaal maak vir n gesin. Die familiekamer lei uit na n gerieflike stoep en n knus, erf met kunsmatige gras perfek vir ontspan of kuier. Die eiendom is gele in n baie gesogte en gevestigde woonbuurt in die boonste gedeelte van die dorp, naby mediese fasiliteite, winkelsentrums en skole. Die omgewing is reeds goed ontwikkel, wat bydra tot n rustige en gevestigde atmosfeer.
Lenings kan bekom word by OSK bank. Voornemende kopers moet Orania Verblyfreg kry. Orania is ''n aandeleblokskema. Volg die muis na jou nuwe huis! Kontak Huis Muis eiendomme vandag nog en geniet ''n persoonlike besigtiging van hierdie fantastiese eiendom. Ons kan jou ook help met finansiering of enige ander eiendomsverwante navrae. Moenie hierdie uitsonderlike geleentheid misloop nie! Skakel ons nou dadelik. Huis Muis Eiendomme: Bevoegdheid, Ervaring, Uitnemendheid
Property details
- Listing number T5354685
- Property type House
- Listing date 18 Jan 2026
- Land size 218 m²
- Floor size 87 m²
- Rates and taxes R 1 600
- Levies R 1 550
Property features
- Bedrooms 2
- Bathrooms 2
- En-suite 1
- Garage parking 1
- Open parking 1
- Pet friendly
- Built in cupboards
- Patio
- Kitchen
- Garden
- Scullery
- Family TV room