R 2 580 000
calculate bond costs

4 Bedroom House in Orania

4 4 4 436 m² 215 m²

4 Slaapkamer Huis

Hierdie goed beplande duet bestaan uit twee onafhanklike wooneenhede wat as een vaste gebou op n enkele erf opgerig is en deur n soliede muur van mekaar geskei word vir optimale privaatheid.

Die voorste eenheid, ongeveer 107 vierkante meter groot, beskik oor twee slaapkamers en twee badkamers, waarvan die hoofslaapkamer en suite is, asook n ruim oopplan sitkamer en kombuis. Die agterste eenheid, ongeveer 83 vierkante meter, bied dieselfde uitleg met twee slaapkamers, twee badkamers en n kompakte, gemaklike oopplan leefarea. Elke eenheid beskik oor n privaat stoep wat direk vanaf die leefarea deur n skuifdeur uitloop, ideaal vir ontspan, kuier en rustige oomblikke.

Die eiendom is gele op n 436 vierkante meter erf met n geplaveide binneplaas vir wasgoed en n lae-onderhoud buite-opset met kunsmatige gras. Hierdie eiendom is uitstekend geskik vir dubbelbewoning, verhuurinkomste, uitgebreide familie of belegging.

Die eiendom is gele in n baie gesogte en gevestigde woonbuurt in die boonste gedeelte van die dorp, naby mediese fasiliteite, winkelsentrums en skole. Die omgewing is reeds goed ontwikkel, wat bydra tot n rustige en gevestigde atmosfeer.

Lenings kan bekom word by OSK bank. Voornemende kopers moet Orania Verblyfreg kry. Orania is ''n aandeleblokskema. Volg die muis na jou nuwe huis! Kontak Huis Muis eiendomme vandag nog en geniet ''n persoonlike besigtiging van hierdie fantastiese eiendom. Ons kan jou ook help met finansiering of enige ander eiendomsverwante navrae. Moenie hierdie uitsonderlike geleentheid misloop nie! Skakel ons nou dadelik. Huis Muis Eiendomme: Bevoegdheid, Ervaring, Uitnemendheid

Property details

  • Listing number T5354694
  • Property type House
  • Listing date 18 Jan 2026
  • Land size 436 m²
  • Floor size 215 m²
  • Rates and taxes R 1 600
  • Levies R 1 550

Property features

  • Bedrooms 4
  • Bathrooms 4
  • En-suite 2
  • Garage parking 2
  • Open parking 2
  • Pet friendly
  • Built in cupboards
  • Patio
  • Kitchen
  • Garden
  • Family TV room

Photo gallery