New
R 1 650 000
calculate bond costs

3 Bedroom House in Orania

3 3 2 540 m² 135 m²

3 Slaapkamer Kaapse styl huis in die rustigste woonbuurt

Hierdie ruim gesinshuis gelee in ''n privaat doodloop singel, bied aan u die rustigheid wat slegs Orania kan lewer! Drie slaapkamers met drie badkamers, oopplan kombuis en sitkamer en ''n woonkamerwerkskamer wat heelwat natuurlike sonlig inlaat.

Die Kaapse boustyl met sy netjiese groen grasperke, groot stoep, vrugtebome en maklik versorgbare tuin maak dit ''n juweel in sy direkte omgewing. Dit beskik oor ''n baie groot afdak vir 2 voertuie en bied ook ''n private leefruimte met ''n ingeboude braai in die kuierarea. Daar is ''n battery rugsteun sisteem en die huis is toegerus met LED gloeilampe.

Hierdie is die ideale huis vir gesinslewe, waar die kinders ongestoord in die straat ook kan speel. Die tuin is uitgele vir minimum onderhoud en beskik ook oor verhewe beddings vir groente. Daar is ook ''n tuinkamertjie vir tuingereedskap.

Maak vandag ''n afspraak vir besigtiging van jou nuwe woning!

NS. Verlyfreg ''n vereiste

Property details

  • Listing number T5647904
  • Property type House
  • Listing date 8 Oct 2026
  • Land size 540 m²
  • Floor size 135 m²
  • Rates and taxes R 1 200

Property features

  • Bedrooms 3
  • Bathrooms 3
  • Lounges 1
  • Dining areas 1
  • Covered parking 2
  • Pet friendly
  • Patio
  • Garden

Photo gallery