3 Bedroom House in Orania
3 Slaapkamer Huis
Hierdie moderne, hogehalte 3-slaapkamerwoning in die gesogte Karoosig-omgewing van Orania bied stylvolle, praktiese leefruimte met n sterk fokus op gerief en energie-doeltreffendheid. Met n vloeroppervlakte van 140m² en uitstekende afwerkings deurgaans, is hierdie woning ideaal vir gesinne wat kwaliteit en rustigheid waardeer. Die hoofslaapkamer beskik oor n en suite-badkamer sowel as n ruim, moderne inloopkas wat volop pakplek bied. Die twee addisionele slaapkamers word bedien deur n tweede netjiese badkamer, met dieselfde luukse afwerkings en aandag aan detail. Die hart van die huis is n ruim oopplan-leefarea waar die kombuis en sitkamer naatloos in mekaar vloei. Die kombuis is smaakvol ontwerp met n sentrale eiland wat beide funksionaliteit en geselligheid bevorderideaal vir onthaal en alledaagse leef. Hogehalte afwerkings en moderne toebehore voltooi hierdie stylvolle ruimte.
Die kreatiewe gebruik van genoeg vensters en skuifdeure laat oorvloedige natuurlike lig instroom en skep n helder, uitnodigende atmosfeer regdeur die huis. Die eiendom is volledig geteel en ontwerp vir n lae-instandhouding leefstyl. Die agtererf is netjies met grysklip uitgevoer, terwyl die voortuin onlangs opgegradeer is met vars grond, nuut gevestigde gras en n genstalleerde besproeiingstelsel. n Enkelslot motorhuis met roldeur bied veilige parkering, en die woning is toegerus met twee gaspunte vir ekstra gerief. Die gesoleerde chromadek plafonne, tesame met magnesiumoksied-borde volg gerus hierdie skakel vir meer inligting: in die mure, verseker uitstekende temperatuurbeheer en energiedoeltreffendheid regdeur die jaar. Gele in n stil, gesinsvriendelike buurt met min verkeer, en binne maklike bereik van skole en winkels, bied hierdie eiendom n uitstekende geleentheid om moderne Karoo-leefstyl in n veilige en rustige omgewing te geniet.
Lenings kan bekom word by OSK bank. Voornemende kopers moet Orania Verblyfreg kry. Orania is ''n aandeleblokskema. Volg die muis na jou nuwe huis! Kontak Huis Muis eiendomme vandag nog en geniet ''n persoonlike besigtiging van hierdie fantastiese eiendom. Ons kan jou ook help met finansiering of enige ander eiendomsverwante navrae. Moenie hierdie uitsonderlike geleentheid misloop nie! Skakel ons nou dadelik. Huis Muis Eiendomme: Bevoegdheid, Ervaring, Uitnemendheid.
Property details
- Listing number T5452368
- Property type House
- Listing date 10 Apr 2026
- Land size 353 m²
- Floor size 140 m²
Property features
- Bedrooms 3
- Bathrooms 2
- En-suite 1
- Dining areas 1
- Garage parking 1
- Open parking 1
- Pet friendly
- Built in cupboards
- Walk in closet
- Kitchen
- Garden
- Irrigation system