New
R 28 500 Per Month
Deposit: R 28 500

21 ha Farm with House in Rayton

6 3 4 21 ha 560 m²
Available Now

Ontsnap na die platteland met hierdie uiters skaars geleentheid! Word deel van 'n homesteading gemeenskap. Hierdie goed-omheinde 21-hektaar plaas is perfek ingerig vir ernstige homesteaders, 'n groot familie, of vennote wat selfonderhoudend wil leef en boer. Gelle net 'n klipgooi vanaf Rayton, bied dit die ideale balans tussen landelike rustigheid en vinnige toegang tot Pretoria-Oos.

Ideaal vir werk van die huis af

Goeie Wi-Fi-opstelling: Die eiendom beskik oor 'n vinnige en betroubare internetverbinding. Tesame met die sonkrag beteken dit jy kan ononderbroke van die huis af werk sonder dat beurtkrag of netwerkprobleme jou pla! Daar is 'n toegerusde kantoor met baie rakke vir lrs

Sekuriteit & Gemoedsrus

Kamerastelsel: Die perseel is toegerus met 'n volledige kamerastelsel wat strategiese punte monitor vir ekstra veiligheid.

Die hele werfgebied is uitstekend omhein en toegerus met 'n elektriese skuifhek.

Die Woonhuis: Perfek vir 'n Groot of Multi-Generasie Familie

Die reuse, netjiese plaashuis beskik oor 6 slaapkamers en 3 badkamers, maar is reeds so ontwerp dat dit maklik as twee heeltemal selfstandige vleuels gebruik kan word ideaal for oupa en ouma, of 'n boerderyvennoot:

Vleuel 1: 4 Slaapkamers, 2 badkamers, 'n ruim leefarea en 'n volledige kombuis.

Vleuel 2: 2 Slaapkamers, 1 badkamers, met sy eie groot leefvertrek en aparte kombuis.

Volledig Off-Grid & Sterk Water

Solar-krag: So groet ho kragrekeninge! Die hele eiendom ingesluit die Wi-Fi en kameras hardloop op 'n betroubare sonkragstelsel.

Sterk Boorgatwater: Uitstekende wateropbrengs, ideaal vir huishoudelike gebruik, die voeding van lewende hawe en tuin besproeiing.

Ingerig vir Voedselproduksie & Boerdery

Groentetonnel Greenhouse: Gereed vir jou eie organiese groente-oes.

Hoenderkampe: Twee stewige kampe wat reg is vir lhenne of braaikuikens.

Vrugtebome: Gevestigde vrugtebome reeds op die perseel.

Slag en koelkamer vir as jy jou eie vleis wil verwerk.

Vee-infrastruktuur: Die eiendom beskik oor 'n funksionele skaapkraal en drukgangcrush vir veilige hantering van kleinvee.

4 Garages vir voertuie en plaasgereedskap, plus 'n Groot Werkswinkel & Stoor vir trekkers of voerberging.

Die stuk grond is deel van 'n baie groter plaas waar daar gereeld perd gery word. Daar is 'n round pin, rivier en 'n dam op die uitgebreide plaas en dit kan deel word van die natuur ervaaring wat jy kan beleef. Kom praat saam oor die opsies.

Rayton is 10 minute weg en beskik oor 'n winkelsentrum wat onderandere die volgende insluit: Pick & Pay, Spur, Mr Price, Pep, Ackermans, Absa, Clicks, Checkers

Property details

  • Listing number RR4807374
  • Property type Farm With House
  • Listing date 3 Nov 2026
  • Land size 21 ha
  • Floor size 560 m²

Property features

  • Bedrooms 6
  • En-suite 2
  • Bathrooms 3
  • Lounges 2
  • Dining areas 2
  • Garage parking 4
  • Pet friendly
  • Access gate
  • Alarm
  • Built in cupboards
  • Fenced
  • Laundry
  • Patio
  • Satellite
  • Scenic view
  • Study
  • Kitchen
  • Garden
  • Pantry
  • Family TV room
  • Fireplace
  • Guest toilet
  • Built In braai
  • Irrigation system
  • Lapa
  • Borehole
  • Electricity included
  • Water included

Photo gallery