639.5 ha Farm in Bloemfontein Rural
Nuwe plaas in die mark!
Grootte: 640 ha
Ligging: Gesogte omgewing, Bloemfontein
Hierdie is een van daardie seldsame eiendomme wat n uitstekende geleentheid bied vir die landboubelegger en -boer wat op soek is na diversifikasie en volhoubare groei. Hierdie pragtige gemengde tipe plaas bied n mengsel van potensiaal wat sy nuwe eienaar in staat sal stel om n suksesvolle landbou-onderneming op te bou en voort te sit.
Grondsoorte:
Die plaas bestaan uit 240 ha droeland (Bainsvlei en Hutten tipe gronde), waarvan die helfte reeds bewerk is. Dit bied n stewige basis vir gewasverbouing en ander landboubedrywighede.
Aangeplante Weiding: 95 ha Smutsvingergras
Besproeing: 30 ha (186,000 m3)
- 1 x 14 ha spilpunt
- 1 x 8 ha spilpunt
- 2 x 4 ha sprinklers/kapsuite (ideaal vir groente)
Boorgate:
12 Boorgate (8 volledig toegerus)
Die waterleweringskapasiteit sal aan die koper deurgegee word.
Wildskamp: 30 ha (verskeie wild en diere ideaal vir wildboerdery)
Weidings: 200 ha verdeeld in 5 kampe, bestaande uit rooigras, kweek en vleigrasse.
Watervoorsiening:
3 Gronddamme, wat natuurlik voorsiening maak vir water in die droer tye. Een dam het n fontein wat uitloop in n pan van ongeveer 30 ha.
Infrastruktuur en Geboue:
Hoofhuis:
Dubbelverdieping, 600 m2, 5 slaapkamers, 3 badkamers, 3 woonvertrekke, n kombuis, spens en kantoorruimte.
Buitegeboue:
1600 m2 Werkswinkel/Stoor
2000 m2 Stoor
Verskeie ander geboue, insluitend hoenderhuis, lusernstoorkamer en buitekamers.
Perdestalle en dierehanteringsgeriewe vir bees en skaap.
Eskom Kragtoevoer:
2 @ 25 kVA punte
1 @ 50 kVA punt
Plaasbesonderhede:
Reenval: Gemiddeld 500 mm per jaar
Drakrag: 1:7 GVE
Langtermyngemiddeldes: Mielies 5 ton/ha, Sonneblom 1.75 ton/ha
Groente: Die plaas het al suksesvol gewasse soos pampoene, spinasie en kool verbou. Hierdie diversifikasie maak die plaas ''n unieke en waardevolle eiendom.
Prys: R13.6 miljoen
Sulke geleenthede is seldsaam en sal nie lank op die mark wees nie. Kontak my gerus vir n plaasbesoek en om hierdie unieke landbougeleentheid te ervaar.
Property details
- Listing number T5233603
- Property type Farm
- Listing date 17 Sep 2025
- Land size 639.5 ha