New
R 6 500 000
calculate bond costs

21 ha Farm in Klerksdorp Central

3 2 21 ha

Eksklusiewe 21.4ha Waterfrontplaas Sonkrag, Waterregte en 10 Erf-Goedkeurings!

Hierdie 260-meter waterfronteiendom is volledig onafhanklik van Eskom en word voorsien deur n 30 kW sonkragstelsel. Die 21.4 hektaar is toegerus met twee toringspilpunte, n volledig ingerigte pompstasie, en draglines saam met 3.5 ha permanente handline. Daar is 20 hektaar waterregte vir besproeiing uit die Johan Neser-dam Klerksdorpdam.

Alle plaastoerusting en implemente is INGESLUIT in die verkoop.

Daar is ook munisipale goedkeuring vir 10 deeltitel-erwe op die dam-oewer, elk ongeveer 1000 m2 groot.

Vir veeboerdery is daar beeshanteringsfasiliteite met n skaal, n laaibank, asook n voerkraal met kapasiteit vir 250 kalwers. Die stoorgeriewe sluit n toe stoor van 20 x 22 m, sowel as verskeie kleiner store in. Daar is twee werkershuise, twee toegeruste boorgate, en vier perdestalle.

Die hoofhuis beslaan 352 m2 en is n ruim drie-slaapkamer dubbelverdiepinghuis met ingeboude kaste en volledig geteel. Dit bied n pragtige uitsig oor die dam, n groot stoep, en twee volledige badkamers met gasgeysers. Die kombuis is ruim, met n gasstoof, ingeboude kaste en n aangrensende spens. Verder is daar n ingangsportaal, eetkamer, groot sitkamer en n kroeg-kuierarea wat na die swembad lei.

n Tweede woning bestaan uit drie slaapkamers, een volledige badkamer met n gasgeiser, volledig teelvloere, en n oopplan kombuis en sitkamer.

Die onderdak-braaiarea sluit aan by die 100 000 liter swembad, wat ook n aantrekkamer het. Daar is n aparte waskamer en n afdak vir vier voertuie.

Die tuin het volledige tuinbesproeiing, n groentetuin met besproeiing, n 100 000 liter eendedam, asook verskeie buitegeboue.

Die eiendom is ten volle omhein met precast walling.

Property details

  • Listing number T5320173
  • Property type Farm
  • Listing date 28 Nov 2025
  • Land size 21 ha

Property features

  • Bedrooms 3
  • Bathrooms 2
  • Lounges 1
  • Flatlets
  • Pool

Photo gallery