R 2 400 000
calculate bond costs
917 m² Land available in Tergniet
917 m²
HD Media
917 m² Erf - Skep Jou Droomhuis met Pragtige See-uitsigte!
Stel jou voor jy word soggens wakker met lieflike see-uitsigte en sluit jou dag af met die betowerende liggies van Tergniet se dorpslewe wat saans soos klein sterretjies teen die horison skitter. Hierdie ruim 917 m²-erf, gele in n veilige en moderne ontwikkeling in Tergniet, bied n besondere geleentheid om jou eie stukkie kusparadys te skep.
Met genoeg ruimte om jou verbeelding vrye teuels te gee, kan jy jou eie huisplan ontwerp n woning wat perfek by jou persoonlike smaak, leefstyl en drome pas. Of jy nou droom van n moderne kuswoning, ruim onthaalareas of groot vensters wat die uitsigte na buite innooi, hier begin die moontlikhede. Moenie net n erf koop nie skep die plek waar jou volgende hoofstuk begin!
Property details
- Listing number T5675552
- Property type Residential Land
- Listing date 30 Oct 2026
- Land size 917 m²
- Rates and taxes R 1 800
- Levies R 1 000