7 Bedroom House in Tergniet
Ruim familie vakansiehuis, Tergniet, Groot Brakrivier, Mosselbaai
Hierdie 450m2 woning bestaan uit twee vlakke, en kan gemaklik twee families gelyktydig huisves. Dis gelee hoog op teen n rand in die rustige Tergniet-strandgebied wat uitstekende see-uitsig bied.
Die boonste vlak bestaan uit die volgende:
Indrukwekkende ingang, baie groot ligte woonvertrek wat bestaan uit oop-plan kombuis met eet- en leefvertrek, plus n addisionele leefvertrek en braaikamer wat oor die see uitkyk dan het dit ook n baie ruim hoofslaapkamer met eie volledige badkamer, plus twee addisionel slaapkamers wat n badkamer deel.
Die onderste vlak bestaan uit:
Groot leefvertrek, kombuis met opwas-plek, gekoppel met eetvertrek. Verder het dit n groot, ruim hoof-slaapkamer met eie badkamer en leefarea heeltemal weg vd hoof-slaapkamer is 3 addisionele slaapkamers met vol badkamer en aparte toilet, plus n sonvertrek, en n aparte waskamer.
Die boonste en onderste vlak is met n binne-trap verbind. Die trap is tans afgeskort/toegemaak. Dit is gedoen om die privaatheid van elke vlak te verseker, maar kan maklik weer oopgemaak word.
Buite voor die huis, op onderste vlak is daar ook n groot oop patio plus een groot toesluit-motorhuis en stoorplek, met skadu-parkering vir twee voertuie terwyl daar drie veilige straatparkerings beskikbaar is by die boonste vlak.
Skakel ons om besigtiging te reel!
Property details
- Listing number T4938222
- Property type House
- Listing date 29 Jan 2025
- Land size 630 m²
- Floor size 450 m²
- Rates and taxes R 2 200
Property features
- Bedrooms 7
- Bathrooms 5
- En-suite 2
- Lounges 2
- Dining areas 2
- Garage parking 1
- Open parking 5
- Covered parking 2
- Pet friendly
- Access gate
- Balcony
- Built in cupboards
- Fenced
- Patio
- Garden
- Family TV room
- Guest toilet
- Built In braai