2186 ha Farm in Vanrhynsdorp

matjiesfontein annex
2186 ha

Jou ideale wegbreek plek. Pragtige Bergplaas te koop. Gelee tussen Kammiesberge (Garies) en Boesmanland.

Die plaas is in die bergagtige gedeeltes van Namakwaland gelee, en bestaan hoofsaaklik uit bossies-veld, geskik vir skaap en bok boerdery. Dit val onder die winter reenvalstreek (April tot Oktober), maar is ook baie na aan somer-reenvalstreek (November tot Maart). Dit is n ideale plek om aan te skaf vir n wegbreek-geleentheid, aangesien dit baie privaat gelee is. Omliggende gedeeltes kan aangekoop word, wat boerdery kan uitbrei tot ongeveer 5000 ha.

Die plaas van 2186ha is baie goed opgepas, en verdeel in 6 kampe met 5 waterpunte (vars water). 2 Boorgate met 2 windpompe voorsien die kampe van water. Op die plaas is ook n put en fontein. Plaas is omhein met jakkalsproef draad - baie goeie toestand.

Die area is bekend vir sy blommeprag gedurende n goeie reen-seisoen. 4x4 roetes kan maklik aangele word. Ook ideaal om wild aan te hou. Geen woonhuis of enige strukture is tans op die plaas nie. Kliprand is ongeveer 25km vanaf die plaas en kan die eienaar voorsien van boumateriaal, brandstof en proviant.

Property details

  • Listing number T4431679
  • Property type Farm
  • Erf size 2186 ha

Property features

  • Fenced
  • Scenic View
  • Irrigation System
  • Borehole

Photo gallery

>