Property Advice

Die Warm Hartklop van Hoërskool Florida

Private Property South Africa
Anna-Marie Smith |
Die Warm Hartklop van Hoërskool Florida

‘n Kennismaking met Hoërskool Florida, of dit op die webwerf is, deur die skoolkoerant te lees, of om die skool self te besoek, is ‘n positiewe ondervinding wat ‘n moderne vooruitgang teen ‘n gelyke, allesomvattende pas duidelik uitdruk.

Die boodskap van Hoërskool Florida se skoolhoof aan die publiek is dat daarna gestreef word om “'n leidende skool in Suid-Afrika te wees deur die optimum opvoedkundige en ontwikkelingsomgewing te skep waardeur ons kinders tot volle potensiaal kan ontwikkel.”

By Florries word ‘n verskeidenheid geleenthede gebied aan leerlinge met ‘n behoudende fokus op multikulturele opvoedende onderwys. Deur die betrokkenheid van alle rolspelers ten bate van ‘n fyn afrondingsproses, word goed toegeruste leerlinge wat die alombekende ‘Florrie-magic’ weerkaats die buitewêreld ingegestuur waar hulle die toekoms met selfvertroue en entoesiasme kan aandurf.

Die skool is geleë in die gevestigde woongebied van Florida Park en trek leerlinge uit beide omliggende en ander areas insluitende Roodepoort, Florida en Krugersdorp, asook Alberton, Potchefstroom, Pietersburg en Pretoria. Leerlinge vanaf uitliggende areas soos die Wes- en Oos-Kaap word saam met ander hoë presteerders in 'n privaatkoshuis gehuisves. Inskrywings word jaarliks onder andere ontvang vanaf die omliggende laerskole Florida, Generaal de la Rey, Gustav Preller, Horison, Helderkruin, Fairland, Roodekrans, Dr. Havinga, en Laerskool Kenmare.

Die sentrale ligging tussen Aucklandpark en die Wes-Rand skep ‘n ideale geleentheid vir werkende ouers in die stad, terwyl ‘n verskeidenheid private, munisipale en skool busroetes alternatiewe vervoerkeuses bied. Die skool is ook naby ‘n aantal publieke en private fasiliteite geleë soos die Flora Kliniek en die sentrale besigheidsdistrik met inkopiesentrums soos Westgate en Clearwater Mall, asook biblioteke en 'n verskeidenheid medici en sportklubs.

Hierdie Afrikaansmedium, vorige model C-skool met sowat 1526 leerlinge, het ‘n stewige akademiese personeelliggaam van 75 waarvan 55 staatsposte en 20 beheerliggaamposte is. Addisionele poste sluit in 40 algemene assistente en ander nie-akademiese poste, asook drie direkteursposte vir sport, bemarking en skakeling. Behalwe van die hoë aantal omvangryke studierigtings wat hier aangebied word, het leerlinge ook ‘n verskeidenheid van keuses in buitekurrikulêre fasiliteite insluitende ‘n musieksentrum, spysenieringsmaatskappy, en geprivatiseerde kafeteria. Die effektiewe multimedium kommunikasie verseker die skool se bekendgestelling deur middel van bemarking in samewerking met verskeie lojale borge, die webwerf, die volkleur skoolkoerant ‘Florant’ wat deur leerlinge gepubliseer word, en die skool se Facebook ‘Hartklop van Florrie-land groep’.

By Florries is akademie ‘n primêre fokusarea en die kurrikulum sluit vakke soos Frans, Duits, Kuns en Dramatiese Kunste in. Die skool se gemiddelde slaagsyfer van 99%, en ongeveer 'n 65% universiteitstoelatingsyfer en jaarlikse prestasies van leerlinge in die top 10 presteerders in Gauteng, is duidelik ‘n baie sterk trekpunt. Vir leerlinge met hoë akademiese mikpunte is die skool se gereelde top prestasies in Wiskunde, Fisiese Wetenskappe,Tale en Dramatiese Kunste ‘n groot motiveringspunt. Die volgehoue akademiese standaard word vergemaklik deur die vooruitgaande vlak van tegnologie waarop Florries beweeg, met toerusting soos dataprojektors en virtuele borde in all wiskundeklasse.

Op kultuurvlak is die skool welbekend vir sy jaarlike tradisionele kunstefees, Jeug oor Kultuur en uitsonderlike hoë standaard ‘musical’ en orkes. Florries staan bekend as 'n sportskool, met sy passie vir rugby veral skynbaar wanneer Hoërskool Monument geklop word. Vanjaar se prestasies sluit onder andere in ‘n Goue Leeuskampioenspan, en die Eerste Rugbyspan wat in die NuPower en Beeldtrofee Makroskole finale gespeel het met televisie blootstelling in laasgenoemde. Nog een van die skool se handelsmerke as gevolg van uitstekende prestasies is luggeweerskiet , terwyl netbal, hokkie en atletiek steeds puik prestasies oplewer.

Volgens Wikipedia het Hoërskool Florida die hoogste hoeveelheid top presteerders in beide Gauteng en die land gedurende die laaste dekade geproduseer.

Related Articles

How property buyers and sellers can navigate the recent interest rate hike
Seeff | 12 Jun 2026

How property buyers and sellers can navigate the recent interest rate hike

Interest rate hikes may increase repayments, but buyers and sellers can still find opportunities with smart financial planning.

The state of your neighbourhood impacts your property value and selling price
Seeff | 10 Jun 2026

The state of your neighbourhood impacts your property value and selling price

Property values are shaped by more than the home itself. Well-maintained neighbourhoods attract buyers, boost demand, and help protect long-term property value.

Why some homes sit on the market longer than others
Private Property Reporter | 02 Jun 2026

Why some homes sit on the market longer than others

Incorrect pricing, poor presentation, weak marketing, and market conditions can all delay a home's sale and reduce interest.

sample image of property alerts

Get instant property alerts

Be the first to see new properties for sale.
;