Property Advice

Laerskool Unika met sy Unieke Karakter het ‘n Hart van Goud

Private Property South Africa
Anna-Marie Smith |
Laerskool Unika met sy Unieke Karakter het ‘n Hart van Goud

Die besondere atmosfeer van Laerskool Unika in Robindale, ‘n medium-grootte openbare skool wat in ‘n stiller deel van die vinnig groeiende Randburg geleë is, word geskep deur die intieme familie eenheid van die skool.

Die vyftigjarige skool met ‘n ‘goue hart’ het tans ‘n leerder getal van 650. Onderrig word aangebieddeur ‘n daaglikse uitlewing van die skool se passende leuse, ‘OnsBou’ en ‘n dinamies eenergie wat strek vanaf opvoeders, leerders, beheerliggaam tot ouers. Laerskool Unika se omvattende filosofie as opvoedkundige instelling, is om kinders die lewe in te stuur as gelukkige en gebalanseerde individue. Hier word van kinders verwag omelk hul bes te lewer, en onnodige druk word vermy deur nie prestasie op enige vlak af te dwing nie.

Die skool se uitgangspunt is datgeleenthede en geriewe geskep sal word vir alle kinders wat hulle volle potensiaal wil ontwikkel, sonder om kinders aan onnodige eise bloot te stel. Laerskool Unika se missie is: ”Om die leerders op primêre skoolvlak deur hoë gehalte onderwys, wat aan die eise van die Christelike geloof voldoen en wat binne die kader van die Afrikaanse kultuur geskied, tevorm, te onderrig en op te voed.” Die skool bied ‘n groot verskeidenheid fasiliteite in ‘n boomreike omgewing met klim en klouterrame en verskeie sport velde aan.

Onderrig in basiese asook spesifieke tegnieke word aangebied, om sodoende aan elke leerder die geleentheid te bied om sy individuele potensiaal te bereik. Laerskool Unika se dinamiese akademiese omgewing vereis dat leerders in beide Afrikaans en Engels op eerste taalvlak onderrig ontvang, deur middel van ‘n goednagevorsde en ontwikkelde kurrikulum. ‘n Moderne rekenaarsentrum word gedurende, sowel as na-skoolure bygewoon waar leerders op hoogte van tegnologiese ontwikkeling gehou word. 'n Volledig toegeruste laboratorium asook ‘n junior en senior mediasentrum komplimenteer die daaglikse skoolopvoeding. Waarnodig kan leerders baat uit ‘n opvoedkundige hulpspan op kampussowel as remediërende onderwys hulpmiddels.

‘n Wye kultuurprogram word by Unika aangebied insluitende koor, redenaarskompetisie, storieboek-dae, musiek en drama. Behalwe virklasmusiek in die junior grade, bied Randburg Hoërskool se satelliet-musiekskool musiek en sanglesse op buitemuurse basis aan. Klasmusiek vanaf Graad R tot Graad 3, waar leerders slagorkes instrumente leer speel in Graad R, berei leerders daarop voor om in Graad 3 blokfluitte leer speel. Unikase koor spog met 100 lede en is die skool se uitvoerproduk. Die koor blink uit op verskeie vlakke en diplomas word gereeld by kunswedstryde ingepalm. Drama onderrig geskied deur twee gekwalifiseerde drama onderwyseresse ,onderskeidelik in die grondslag- en seniorfase. Hulle behartig afrigting tervoorbereiding van die jaarlikse Eisteddfod asook die skoolkonsert.

Leerders kan meeste sportsoorte by Unika geniet, en die wye verskeidenheid van sportfasiliteite sluit in rugbyvelde, atletiekbaan, krieketveld en -nette, netbal- en tennisbane. 13 Leerders is hierdie jaar in die Gauteng atletiekspan ingesluit. Daar is elke jaar ook heelwat leerders wat aan die Gauteng kampioenskappe in landloop deelneem. Drie van Unika se seuns het tot die semi-finaal van die Goue Leeus Rugby deurgedring terwyl een van hulle opgeneem is in die provinsiale span.

Laerskool Unika met sy goue hart maak gereelde ruimhartige skenkings aan minder bevoorregte gemeenskappe, soos die skoolgemeenskap se onlangse fenominale poging toe ongeveer vyf ton klere ingesamel is. Hierdieskool stel belang in jou kind se hart, nie sy prestasies alleen nie.

Om a hier is 'n "Vitual Tour" van die skool

Related Articles

What is bond switching?
Property Power | 15 May 2026

What is bond switching?

South African homeowners can compare banks, costs and interest rates before deciding whether bond switching is worth it.

From browsing to experiencing, Meridian Realty adds AI visualization to listings
Meridian Realty | 14 May 2026

From browsing to experiencing, Meridian Realty adds AI visualization to listings

Meridian Realty launches Reimagine, an AI tool helping buyers visualise property potential before viewing homes.

Secondary towns in South Africa emerge as new property hotspots
Betterhome | 08 May 2026

Secondary towns in South Africa emerge as new property hotspots

Secondary towns are attracting buyers with better value, lifestyle appeal and growing confidence outside South Africa’s major metros.

sample image of property alerts

Get instant property alerts

Be the first to see new properties for sale.
;