Hierdie is die koop van n leeftyd. Dit bied n lieflike familie woonhuis van 337 vm. Die perseel beslaan drie erwe wat gekonsolideer is , groot
2990 vm. n Deel van die perseel is n bestaande lopende kwekery wat baie jare al bestaan. n Lopende saak ten volle toegerus met voorraad.
Die plant en ander voorraad is na beraming R750 000 werd. Hierdie is by koopprys ingesluit. Planne van hele perseel is onlangs opgegradeer..
Die woning bestaan uit 3 slaapkamers. Twee onder en een groot kamer bo. Bo is mooi plankvloer. Dit is n groot vertrek wat n sitkamer en slaapkamer uitmaak en uitgaan op n lang balkon met see uitsig. See deur die kamervenster sigbaar. Daar is twee badkamers.
Onder is n groot lieflike kombuis. n Eetkamer met n kroeg. Die vertrek is groot. In die een hoek in die plafon amper onsigbaar is n reeling aangebring waaraan n skuif gordyn gehang kan word as n aprte afsondering indien ekstra slaapplek vir iemand tydelik gemaak wil word.
Daar is ook n binnebraai in die vertrek. Mooi teelvloer. By die vertrek uit gaan jy onderdak na n pragtige nuutoorgedoende grasdak lapa
braai kuiervertrek met die swembad langs jou met plantegroei. Swembad met pomp volledig werkende toestand. Gaan jy hier uit is jy in die mooiste tuin met die mooiste broodbome en ander plante. Met n fontein. Jy stap in n mooie onthaal vertrek in wat seker 40 mense kan huisves. Was aangewend as n teetuin vir die publiek en trou onthale. Naby is die onthaal kombuis. Daar is wasbakke en die nodige rakke.
Krag of gas kan gebruik word. Daar is n ruim dubbel garage. Langs die n enkel aparte garage.
Dan is jy by die kwekery se kantoor. Die kwekery le voor jou uit. Dit is ruim en bevat baie plante. Soos die fotos aantoon loop dit uit op n oop erf gedeelte waar van die plante geplaas word. Die plant voorraad is mooi en vars. Die eienaar bevestig dat daar juis nou nog voorraad op bestelling oppad is.
Hierdie is n baie jare oue gevestigde kwekery. Die eienaar verkoop bloot omdat hy bejaarde ouderdom bereik het en hier word n beroep gedoen dat slegs belangstellende kopers navraag moet doen. Onnodige blootstelling is ongewens.
Die onthaal kombuis is ruim, geskat so 25 vm. Daar is 1 x 10 000 liter watertenk. Drie wat saam 7 500 liter bevat en 1 x 5 000 liter.
Die swembad neem 45 000 liter water. In die groot vertrek bo is n lugversorger.
Die eienaar het die eiendom se prys alreeds afgeskaal en afspraak besoeke sal gereel word.
For our English friends - This is a prime property to buy. It is absolutely well priced and the property as a whole is in a very good shape.
Please remember that the stock is included in the sale. It is a running business and well maintained. The estimate value of the stock is R750 000. It is three stands combined in one. The property plan was updated recently. Please make an appointment. There are actually 4 bedrooms but one is used as a study. .