Pragtige 3 slaapkamer huis te koop in Aftreeoord in Modimolle.
Tree af in gerief in ''n stil, veilige en rustige omgewing. Bosveldsig is ''n gewilde aftreeoord in Nylstroom vir persone van 50 jaar en ouer
Die netjiese huis bied die volgende:
3 slaapkamers - hoofslaapkamer met en suite badkamer en lugversorger
2 badkamers
Ruim oopplan sit en eetkamer met kombuis
Kombuis en opwas is afsonderlike
Baie kaste met uittrek laaie vir ekstra gerief, graniet top en dubbel ooghoogte oond
Die leef vertrek loop uit op ruim lapa met ingeboude braai - gerieflik naby die eetkamer en kombuis area.
Die gordyne is ingesluit en troeteldiere kan aangehou word.
Baie netjiese privaat tuin en verskeie sitrus bome. Hier is 2 water tenks met drukpomp sodat daar altyd water is vir die huishouding.
Die dubbelmotorhuis het ook dubbel afdak voor
Die 5 kw inverter verseker dat beurtkrag nie regtig impak maak nie
Fibre internet is beskikbaar in die aftreeoord
Kom kyk gerus na hierdie aftreehuis - dis gereed vir intrek en woon.