Huis te koop in Aftreeoord in Modimolle vir 50 plus ouderdomgroep persone
Netjiese huis met lae ondertuin
Hierdie huis bied:
2 slaapkamers en 2 badkamers
Die hoofslaapkamer het volledige badkamer met bad en stort
Die oopplan leef en eetkamer is tussen die slaapkamer wat ekstra privaathied bied vir besoekers.
Die kombuis is toegerus met uittrek laaie in feitlik al die kaste vir ekstra gerief, en die opwas deel is afsonderlik
Daar is dubbel motorhuis en wye spasie vir karavaanstaanplek langsaan.
Die gereedskap/werkskamer is gebou met stene.
Die lae onderhoud tuin maak van hierdie huis die ideale sluit-en-ry opsie.
Aftrede in die rustige en veilige bosveldomgewing en dorp, weg van stadsrumoer en verkeer is goed vir die siel
Kom kyk gerus, miskien is dit presies waarvoor jy gesoek het.