Aftree eiendom met uitsig oor Nyl vallei.
Kom tree af op ''n netjiese wildomheinde bergagtige kleinhoewe van 21ha wat uitkyk oor die Waterberge. Baie inheemse bome en lieflike voëllewe. Die eiendom is onafhanklik van Eskom krag. Groen krag met 9.6 KVA. Son geyser, gasstoof met gas oond.
Beste uitsig oor die Nylvallei - sien etlike km vr! Die teëldakhuis is op dieselfde hoogte as Kranskop!
Die woonhuis het 3 slaapkamers met 2 badkamers (m.e.s.). Gerieflike oopplan sit/eet/kombuis met binnebrand houtstoof vir winter. Vanuit die groot leefvertrek met groot glas vensters en skuifdeure, binnebraai en ou koolstoof, l die mooiste uitsig oor die Nylvallei voor jou oop.
Woonstel het 1 slaapkamer 1 badkamer.
Stoorkamer. Hoenderhok. Werkershuis op die terrein en ''n ou karavaan dien as tweede werkerhuis. Motorafdak.
Sonpomp vir boorgat, 180m diep, en gee 10 000 l/dag. 4 Watertenks.
Hierdie eiendom is 1 Junie 2024 beskikbaar.