Baie netjiese Aftreehuis te koop in Modimolle
Om aftree jare te woon in ''n stil, rustige en veilige omgewing omring deur die bosveld weg van die gejaagde stad het baie voordele. Hier is alles binne 5 minute van jou huis.
Hierdie netjiese aftreehuis op hoekerf bied die volgende:
3 ruim slaapkamers
2 badkamers met hoofbadkamer en suite
Heerlike oopplan sit/eet area langs die ruim en mooi kombuis
Graniet blaaie, baie kaste, gas plate en pragtige afwerking maak dit ook ''n kuier plek
Die afsonderlike opwas area en inloop spens gee meer spasie in die kombuis
Vanuit die eetkamer lei dubbel glas skuifdeur na ''n gesellige braai patio met ingeboude braai - genoeg plek vir groot tafel en stoele
Aan die noorde kant is ''n toestoep. ideaal vir koue winter maande
Die dubbel motorhuis het outomatiese deure en dubbel motor afdak voor met karavaan afdak op die ander hoek van die erf.
Die sonkrag stelsel, gas plate en 3 water tenks is gerieflik sodat beurtkrag nie ''n faktor is nie
Om die prentjie af te rond skep die baie netjies onderhoude tuin, ''n rustige en privaat area om te ontspan.
Kom kyk gerus