Land Area 3400 ha
Groot 3400 ha wildplaas wat vroeerjare as 'n beesplaas gebruik was, van die beeshandterings toerusting is steeds op die plaas. Die plaas bestaan uit 4 gedeeltes, elk met sy eie kaart en transport, maar dit moet as 'n eenheid verkoop word aangesien die plaas as 'n eenheid bestuur word.
3 slaapkamer plaaswoning met 2 werkershuise en verskeie ander buitegeboue kom op die plaas voor. 3 boorgate waarvan die eerste een 8000 liter per uur met kragopwekker, die tweede 10 000 liter per uur met sonpomp en die derde een ook met 'n sonpomp. Boomsoorte is meestal Akasias, met verskeie ander bome soos Matloppie en Mapiepie. Wild: Kameelperd, Koedoe, Rooibok, Blouwildebees en ander.
Skakel vir Manus [removed] of Herman [removed] vir verdere inligting.
Key Property Features
2
Bathrooms
3
Bedrooms
1
Dining Areas
1
Lounges
✔
Pet Friendly
✔
Staff Quarters