Land Area 490 ha
Die plaas le in die Dwaalboom omgewing, is onontwikkeld met baie goeie weiding vir bees en wild. Die plaas het 'n groot gedeelde rooigrond met die res turf. Die bome is hoofsaaklik Geelhaak, Swarthaak, Soetdoring en vele ander Akasia soorte met Matloppie en Mapiepie bome wat ook voorkom. Die wild op die plaas is onder andere Koedoe, Blouwildebees, Rooibok, Vlakvarke en kleinwild.
Sterk boorgat met genoeg water vir mens, wild en bees. Verskeie droe lope kom ook op die plaas voor wat loop na goeie reens. Sement Ericson dam, gronddam en verskeie panne kom ook op die plaas voor, asook 'n 25 KVA Eskom punt.
Kontak vir Manus [removed] of Herman [removed] vir meer inligting.
Key Property Features
✔
Pet Friendly