977 ha binneplaas wat naby aan die dorp gelee is en wildwerend omhein is, met 1 teelkamp van plus minus 1,5 ha. Dis ''n gelykplaas met Maroela, Hardekool, Rooibos, Knoppiesdoring, Sekelbos en meeste Akasia soorte. Wildspesies wat voorkom is Koedoe, Gemsbok, Njala, Rooibok, Zebra, BWB, kleinwild en Vlakvarke.
Die plaas is volledig toegerus met solar krag, geen Eskom punt.
Water: 2 boorgate waarvan 1 toegerus is met solarpomp met sterk water, 10 krippe oor die plaas versprei, 5 seisoenale panne, 1 Ericsondam en 1 sementdam.
Geboue: 1 huis met 1 slaapkamer en 2 badkamers, met 3 tenthuise om die huis, 3 voertuig afdakke, met ''n grasperk en swembad, alles omhein met Clear View.
1 Toegeboude stoor van 400 vkm, met 2 werkerskwartiere.
Tweede onvoltooide huis.
Skietbaan van plus minus 100 meter.