n Pragtige Beesplaas in die Amalia/Schweizer-Reneke distrik. Die plaas beskik oor Eskom krag, n Ruim woonhuis met n tuin, 5 Windpompe, 5 Sinkdamme en 15 Kampe. Die gemiddelde reënval is 450mm per jaar en die plaas het n drakrag van 1:7 GVE.
Die eienaar is vir BTW geregistreer.
Eskom: Ja, 25kva
Windpompe: 5 (1 nie toegerus)
Damme: 5 Sink
Tenk: 1 x 5000l by woonhuis
Gemiddelde reënval: 450mm/jaar
Drakrag: 1:7 GVE
Aangeplante weiding: 12ha Bloubuffel
Rante en Vlakte: 5% Bossieveld en Grasveld: 95%
Kampe: 15
Hoeveel skaap/bees kan geboer word: 90-100 koeie
Veehanteringsgeriewe: Mobiele laaibank en krale
Wildspesies wat voorkom: Koedoes
Losgoedere en implemente: Hammermeul, 3 Ton Sleepwa, Trekker
Verbeteringe/Geboue: 60x12 Stoor met vloer (Kopkante is oop)
1 Slaapkamer woonstel met stort en toilet
Woonhuis: 4 Slaapkamers, 2 badkamers, kombuis, eetkamer, sitkamer, studeerkamer, alarm/sekuriteit sisteem, elekstriese omheining en 4 voertuig motorhuis/stoor (2 kante is toe)
Naaste ko-operasie: 35km Schweizer-Reneke
Naaste dorp/veilingskrale: 5km