Die netjiese woning is ideaal geleƫ op ''n hoekerf van 1175 m2 met 2 hekke.
Behalwe dat die 2 slaapkamer huis netjies is binne en 1 motorhuis met 2 stoorkamers het en ''n buitetoilet , is daar ook ''n groot stoor agter wat as ekstra motorhuis kan dien en stoorruimte. Vir die kreatiewe brein kan die stoor ook die moontlikheid bied van ''n woonstel.
Die groot garage /stoor agter die huis kan 2 groot voertuie agtermekaar parkeer (regs) en dan kan mens nog met gemak aan die linkerkant ''n groot karavaan inkry en genoeg stoor of werksplek oorhou.
Die huis self het 2 woonvertrekke met blokkiesvloere. In die woonkamer is ''n invertor lugversorger.
Die eetkamer is langs die kombuis. Die kombuis en opwas/spens is geteel . Die kombuiskaste is van eikehout met bypassende granietblaaie. Dubbelwasbak en stoof.
Die gang lei na die badkamer met wasbak en bad en aparte toilet.
Die twee kamers is ruim met ingeboude kaste en die hoofslaapkamer het ''n deur na die geplaveide stoep tussen die kamer en woonkamer. Hier is nog ''n lugversorger.
Die tuin is groot.
Geen boorgat
Geen koopkragmeter
Veiligheidshekke en diefwering voor oopmaak en nie oopmaak vensters.
Alarm
Blinders bly
''n Moet sien !
Kontak my vandag nog