R 5 900 000
calculate bond costs

Farm in Loeriesfontein

3 1 2

Plaas te Koop in Loeriesfontein Distrik - Noord-Kaap

Uitstekende skaapplaas te koop.

Hierdie plaas is goed gelee (ook veilig) en is n oorgansplaas tussen winterreen (Hantam) en Somerreen (Boesmanland).

Die weiding is goed opgepas en die plaas word oor die afgelope 8-10 jaar nie op volle drakrag geboer nie.

Grootte:

5850 Hektaar

Drakrag:

1/45 GVE

Weiding:

Gras en Bossieveld (Die weiding is tans goed as somer weiding.)

Plaas is skoon van Prosopis indringer bome en word streng hanteer om groei van bome te verhoed.

Verbeterings:

Die plaas is verdeel in 15 kampe met 4 stelle krale goed gelee tussen kampe vir vee hantering.

Die buite drade is ge-elektrifiseer vir beheer van ongediertes.

Water:

Die kampe word almal voorsien van water deur 7 windpompe.

Die gemiddelde diepte van boorgate is 30m

Water bied potensiaal vir groentetuin vir eie gebruik.

Geboue:

Woonhuis wat bestaan uit:

3 Slaapkamers (Twee met ingeboude kaste)

Kombuis met Aga stoof

1 Volledige Badkamer met tweede aparte toilet

Eetkamer

Sitkamer

Sonkamer

2x Arbeidershuise

1x Groot Stoor

1x Klein Stoor

2x Pakkamers

1x Masjienkamer

Kommunikasie:

Goeie MTN sein

Telkom VSAT met internet ook in werking.

Hierdie is n goeie geleentheid om n goed opgepaste plaas te koop en net kan instap en boer.

Die vee huidiglik op die plaas asook los goedere kan ook gekoop word om die plaas as n lopende eenheid te koop.

Verkoper is BTW geregistreer en BTW is uitgesluit by verkoopprys.

Skakel die agent vir verdere inligting.

Property details

  • Listing number T3981839
  • Property type Farm
  • Listing date 9 Jan 2025

Property features

  • Bedrooms 3
  • Bathrooms 1
  • Lounges 1
  • Dining areas 1
  • Garage parking 2
  • Pet friendly
  • Staff quarters

Photo gallery